Skip to content

Xanthé Engelbrecht

Xanthé Engelbrecht is ‘n oud-Lynnie wat sedert 2017 Viool- en Klavieronderrig bied by o.a. NuSong en Sela musiek skole asook Vathos Musiek en Musiikki Studio’s en Grace Notes akademie. Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Menlopark en het haar Graad 8 Klavier, Graad 7 Viool en Graad 7 Teorie deur verskeie internasionale instansies votlooi. Sy het menigte kursusse gedoen wat verband hou met musiek onderrig, insluited “Colourstrings”, “Colourkeys” en ORFF (‘n onderrigmetode gebaseer op Karl Orf se musiekontwikkeling denkskool). 

Xanthé het klavier begin speel op die ouderdom van 4 en viool op die ouderdom van 5. Sy het groot liefde vir musiek en dit is deel van haar alledaagse lewe. Sy glo elke student het ‘n ander leerstyl nodig en die onderwyser moet die behoefte kan vasstel en daarvolgens aanpas. Sy gebruik verskeie boeke/addisionele materiaal om seker te verseker haar studente ibekwaam is in hulle instrument, maar ook in musiek algemene kennis. ‘n Liefde vir musiek is wat sy graag by haar leerders wil kweek en sy is verheug oor die geleentheid om dit by haar alma-mater te kan doen!