Skip to content
PRE-PRIMÊRE KOOR

Die gr. R-kleuters kry die geleentheid om in die Pre-Primêre  koor te kan sing en bestaan jaarliks uit min of meer 65 vrolike kleuters. Die kleuters word gekies na die afloop van ‘n ouderdomsgepaste keuringsproses, wat hul plek in die koor  bevestig.  Vir die kleuters wat deel is van die koor, is dit  ‘n besondere ervaring en bly dit ‘n voorreg om deel uit te maak van ‘n gesamentlike groep individue. Deelname aan ‘n koor is nie alleen van opvoedkundige waarde nie, maar ook belangrik  vir sosiale vorming van elke koorlid, die bou van mooi vriendskappe, die kweek van selfdissipline, onbaatsugtigheid, die ontwikkeling van musieksmaak en ‘n liefde vir musiek.

Asset 50

Met die aanvang van ‘n nuwe koorjaar, word liedere gekies wat bestaan uit taalkeuses soos Afrikaans, Engels, Xhoza en selfs Duits. Deur die sing van die verskeie liedere word die kleuters blootgestel aan nuwe woordeskat en kulture, asook basiese musiekkonsepte. Tydens die uitvoering van die liedere word gepaste instrumente gebruik en maklike bewegings aangeleer.

Die koor het elke eerste kwartaal ‘n “Sing-en-Speel” oggend waarin die koor op ‘n speelse wyse liedere afrond vir toekomstige optredes.

Tydens die tweede kwartaal neem die koor aan die Pretoria Eisteddfod kunswedstryd deel aan die ervare kore afdeling.

Die koor neem ook deel aan ander optredes soos Laerskool Lynnwood se eie koorfees, waarin al drie die skool se kore hul gehore met pragtige koorsang bekoor. Massakoorfeeste en optredes by kerke en ander skole se kunstefeeste, vorm ook deel uit van die koor se verhoog ervarings.

ORGANISEERDERS

 

Asset 27
Asset 27

MARNI KRIGE Koorleier & Organiseerder