Skip to content
Asset 13

SPORT

LANDLOOP

SPORT

LANDLOOP
Asset 10

By Laerskool Lynnwood streef ons daarna om aan elke leerder die geleentheid te bied vir deelname aan landloop en om ‘n liefde vir hardloop te kweek.  Landloop is ‘n sportsoort waaraan enige leerder, van o/7 tot o/13, kan deelneem en bied die geleentheid tot fiksheid, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en deursettingsvermoë.

Die klub-ligas vind tydens kwartaal 2 plaas.  Atlete wat vir die Noord-Gauteng span wil kwalifiseer om aan die Interprovinsiale kampioenskappe deel te neem, moet aan minstens 2 klub-ligas deelneem.

Skole-ligas vind tydens kwartaal 3 plaas. Tydens die skole-ligas is die skool verantwoordelik vir inskrywings, betalings en reëlings ten opsigte van wedlope en deelname. Ouers neem verantwoordelikheid vir vervoer van atlete na bestemmings.

Let wel: Atlete wat vir die Noord-Gauteng span wil kwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem moet aan ‘n minimum van 2 klub-ligas sowel as ‘n minimum van 2 skole-ligas deelneem om te kwalifiseer.

Asset 9

ORGANISEERDER

 

Me D Moolman
Me D Moolman

Doné Moolman Organiseerder