Skip to content

SPORT

KRIEKET AKADEMIE

SPORT

KRIEKET
Krieket
Asset 10

Laerskool Lynnwood se krieket word gedryf deur hoogs gekwalifiseerde krieketafrigters. Al ons afrigters gaan jaarliks op al die nodige Krieket Suid-Afrika kursusse om te verseker dat hulle op datum bly met die nuwe reëls en regulasies sowel as om al die nuutste tegnieke te bemeester.

Asset 9
Wolkie Border 2

AFRIGTING

AFRIGTERS & AFRIGTING

Laerskool Lynnwood is bevoorreg om 15 afrigters te hê wat voltyds by ons skool aan diens is om die krieket op die hoogste standaard af te rig en te verseker dat Laerskool Lynnwood die nr. 1 krieket skool in Pretoria en die land te bly.

Ons bied beide groep- en individuele afrigting die heel jaar aan en dit is die sleutel tot ons sukses. Ons spog met 1 Vlak 3 en 4 vlak 2 Krieket Suid-Afrika afrigters wat in beheer is van ons individuele afrigting.

AFRIGTING & AFRIGTERS

 

Asset 117

ETHAN GOUWS Bestuurder

Bestuurder van Laerskool Lynnwood Krieket Akademie (2014 – hede)
Krieket Suid-Afrika Vlak 2 (vanaf 2015)
Northens o/13A Spanbestuurder (2014 – 2017)
Northerns o/12 afrigter (2018 – 2022)
Hoofkeurder van o/13 Northerns span (2019)
Hoofkeurder van o/12 Northens span (2021 – hede)

Asset 125

Pierre Marais Hulp Organiseerder

Krieket Suid-Afrika Vlak 3 (2022 – hede )
Krieket Suid-Afrika Vlak 2 (2015 – 2022)
Northerns o/12 afrigter (2015 – 2018)
Northerns o/13 afrigter (2018 – hede)

Asset 63

Ruan Pieterse

Krieket Suid-Afrika Vlak 2 (2004-hede)
Northerns o/11 Afrigter (2007-2009)
Northerns o/12 Afrigter (2011-2013)
Northerns o/13 Afrigter (2014-2017)

Sammy Maleka

Krieket Suid-Afrika Vlak 2

Nick Mwayenga

Krieket Suid-Afrika Vlak 1
Northerns o/12 afrigter (2020 – hede)

Asset 6

TOERE

TOERE & GELEENTHEDE
Asset 4

DOGTERS

DOGTERSKRIEKET

Ons is bitter opgewonde om te kan sê dat Laerskool Lynnwood dogterskrieket aanbied. Enige dogter van Graad 3 – 7 is welkom om deel te neem aan dogterskrieket. Ons getalle het so gegroei dat ons 2 spanne kan inskryf in die Northerns Dogters Liga wat in kwartaal 4 deelneem.

Ons het ‘n program geskryf waar dogters heel jaar aan beide groeps- en individuele krieket blootstelling kry.

Ons bied elke kwartaal ‘n Pro 10 krieket fees aan waar ons al die skole wat deelneem aan dogterskrieket uitnooi om in ‘n rondomtalie krieket fees te speel. Alle dogters kry beide kolf en boul kans.

Ons spog ook met die 1ste Laerskole dogterskrieket toernooi in die land.
Ons nooi 6 – 8 skole asook 2 van die HUB spanne (Mamelodi en Soshaguve) om deel te wees van die toernooi. Die dogters speel 2 Pro 20 wedstryde, 1 Pro 10 Feesdag en ‘n ‘Superover’ kompetisie.

Asset 7

FASILITEITE

FASILITEITE
PHOTO-2022-01-19-12-04-56 6
PHOTO-2022-01-19-12-04-56 5
Multisentrum
PHOTO-2022-01-19-12-04-56
9 Buitenette

Laerskool Lynnwood het 9 buitenette, waarvan 6 belig is met spreiligte sodat dit in die aand ook benut kan word.

Multisport Sentrum

Ons het ‘n multisport sentrum met 6 binnehuis nette en ’n volledige binnehuise krieketveld

4 Krieketvelde

Ons het 4 krieketvelde met 10 turfblaaie.

Spreiligte

Die hoofveld beskik ook dan oor spreiligte.

Asset 8

GHOLF- EN ROLBALDAG

Jaarlikste Gholf- en Rolbaldag

Die Krieket Akademie bied jaarliks ‘n Gholf- en Rolbaldag aan om fondse te genereer wat onmiddelik terug geploeg word in fasiliteite, opgradering van nette en spreiligte of selfs elektroniese telborde.

Hierdie jaar vind dié glansgeleentheid plaas op Dinsdag, 10 September 2024 by Wingate Country Club. Hou gerus hierdie spasie dop vir meer inligting rakende inskrywings of bemarkingsgeleenthede.

Asset 4

MINI KRIEKET

Mini Krieket – BEV Krieket

By Laerskool Lynnwood word leerders reeds in graad RR blootgestel aan krieket.

Ons graad RR en R-seuns volg ‘n jaarlikse krieketprogram wat saam met die skool se LO-kurrikulum uitgewerk is. Ons leer hul die basiese krieket vaardighede aan in speletjieformaat en ter selfde tyd word handoog koördinasie, balvaardigheid, soepelheid en fiksheid ontwikkel.

Graad R-seuns speel saans in kwartaal 3 mini krieket wedstryde onder die spreiligte.

Ons Graad 1-seuns speel saans in kwartaal 1, 3 en 4 op Woensdae aande mini krieket wedstryde onder die spreiligte.

259bce49-9503-4fc6-b1a6-fe01208821a0
71ca6d65-e8c6-4c8a-8c24-5869fedd84bd
27976ec5-67b4-451d-bd1d-35bcdad88007
bb85f48a-2e64-4c66-985a-503d04b6e4d8