

Alle tennisafrigting word deur privaatafrigters aangebied, wat self deur die ouers gereël moet word.
Leerders wat vir Gauteng-Noord Tennisliga wil inskryf moet in die vierde kwartaal deelneem aan die tennisuitspele om hulle op ‘n rangleer te plaas vir die daarop volgende jaar.
Die Gauteng-Noord tennisligas word tydens die eerste en derde kwartale op Maandae gespeel.
By Lynnies bied ons ook tennisoefening vir die leerders, wat soggens plaasvind. Slegs tennisspelers wat op die rangleer is, kan hierdie oefensessies bywoon. Hierdie oefensessie bied die geleentheid vir die tennisspan om saam te oefen.
