

Lynnies neem elke jaar vanaf 2018 vs Grey College deel aan die Interskole, waarvan fietsry een van die sporte geword het in 2022. Lynnie – Fietsry word in 2023 ‘n amptelike skoolsport en die span neem aan die Gauteng Schools Cycling deel. Lynnies het met oorgawe begin en het fietsry só gegroei dat ons in die top 10 skole in Gauteng eindig en van ons dogters na die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskap uitgenooi is in 2024.
Ons fokus is om elke leerder die geleentheid te gee om deel te wees van die Lynnies-fietsrygemeenskap, waar elke leerder die geleentheid kry om fietsry te beoefen.
Lynnies-fietsry se doel is om deelname en vaardigheidsontwikkeling aan te moedig. Die fokus gaan op Bergfiets (MTB) wees, alhoewel ons alle vorme van fietsry ondersteun.


INLIGTING
ADDISIONELE INLIGTING
Geleentheid tot deelname
Daar word voorsiening gemaak vir alle fietsryers, ervare en onervare. Gedurende die eerste, tweede en derde kwartaal word daar aan kompetisies deelgeneem. Van GrR tot Gr7, seuns en dogters.
Drag tydens byeenkomste
- Lynnies-fietsryhemp.
- Lynnies-kouse.
- Fietsrybroek van jou keuse.
Toernooie en toere
By die by Gauteng Schools cycling neem Lynnies saam met ongeveer 70-90 ander skole deel. Waarin seuns en dogters onderskeidelik in hulle verskillende kategorië deelneem volgens ouderdom. Elke leerder wat deelneem maak punte vir die skool en meer punte word gegee vir die wat hoër plekke eindig. Leerders wat deel wil word van die fietsryspan skep ‘n profiel op Schools Cycling South Africa (SCSA) en is dan geldig om aan die 7 – 10 wedrenne deel te neem wat strek oor kwartaal 1,2 en 3.
In 2024 het die fietsryspan 21ste geëindig by die Nasionale Kampioenskap.
Lynnies neem ook elke jaar aan die Interskole deel waar die seuns teen Grey College deelneem en hoop om die meisies in die toekoms te betrek.
Kategorieë waarin deelgeneem word, is:
Daar is nie ‘n spesifieke span nie. Die skool kry punte vir elke leerder deelname en daarvolgens word daar verskillende rangordes bepaal.
- Sub-Nipper Seuns (7 – 8 jaar)
- Sub-Nipper Dogters (7 – 8 jaar)
- Nipper Seuns (9 – 10 jaar)
- Nipper Dogters (9 – 10 jaar)
- Sprog Seuns (11 – 12 jaar)
- Sprog Dogters (11 – 12 jaar)
- Sub-Juniors (13 – 14)
OEFENINGE
OEFENINGE
Dit is ‘n individuele sport en leeders moet self voorbereiding doen by verskillende oefen roetes en fietry parke. U as ouer gaan die dryfveer wees vir die sport, leeders ondersteun by oefenige en alle wedrenne.
Die fietsryorganiseerder sal alle administrasie hanteer en ook leerders vergesel tydens wedrenne.