Skip to content
Artboard 1.1

AKADEMIE

    GRONDSLAGFASE
Asset 10

“Kleine voetjies wat diep spore trap. Hier leer ons nie net ons jongspan lees nie, ons vorm ook die tweede hoofstuk van hul sprokies lewensverhaal as ‘n Lynnie.”

WELKOM BY DIE GRONDSLAGFASE

Gedurende die drie jaar van Grondslagfase wil ons graag die graad een tot drie leerders se lewe volpak met uitnemende akademiese opleiding, ontwikkeling van vaardighede, effektiewe kommunikasie tesame met legio aktiwiteite en geesbou momente om sy of haar volle potensiaal as mens te ontwikkel en te vorm.

Asset 9

VAKKE

 VAKKE
Wolkie Border 6.2
AFRIKAANS

AFRIKAANS

WISKUNDE

WISKUNDE

LEWENSVAARDIGHEID

LEWENSVAARDIGHEID

ENGELS

ENGELS

REKENAARVAARDIGHEID

REKENAARVAARDIGHEID

Wolkie Border 2

INLIGTING

ALGEMENE INLIGTING
  • Skool begin stiptelik om 07:25. Die graad 1 tot 3 leerders verdaag om 13:00. Wagklasse vind plaas van Maandae tot Donderdae vanaf 13:00 tot 13:30. Leerders wat dus nie om 13:00 kan verdaag nie, sluit aan by die wagklas in hul eie voogklasse.

SKRYFBEHOEFTES

SKRYFBEHOEFTES
Wolkie Border 2

PERSONEEL

PERSONEEL

Ons personeel bring innovering na die klaskamer en stimuleer kreatiwiteit en laterale denke. Dit maak die leerproses vir die kleinspan uniek en opwindend – hier maak ons gelukkige kinders groot deur empatie, geduld en hope liefde uit te deel.

As onderwysers is dit vir ons uiters belangrik dat elke leerder teen die beste van hul vermoëns presteer. Ons eksperimenteer graag met die leermodelle vir die toekoms!

Die vooruitgaan in tegnologie is vir ons baie belangrik en daarom fokus ons in die Grondslagfase ook op vervlegte leer wat die vermenging van aanlyn met tradisionele leer bewerkstellig.

Wolkie Border 6.2

KOMMUNIKASIE

KOMMUNIKASIE
D6 Connect

D6 Connect

Primêre bron van kommunikasie.
Die doel van die d6 Connect toepassing is:

  • om ouers ingelig te hou van alle gebeure. (‘n Ingeligte ouer is ‘n gelukkige ouer.)
  • om alle interne dokumente van Laerskool Lynnwood, beskikbaar te stel.
  • toevoeging van kalendergebeure tot ouers se persoonlike kalenders

Laai gerus die toepassing gratis op u slimfoon af. Alle interne dokumente sal onder Hulpbronne op die toepassing beskikbaar wees.

Leerders se punte en finansiële inligting is ook op die toepassing beskikbaar.

Laai hier af.

*Maak asseblief seker u laai die GRYS d6 Connect Toepassing af.

WhatsApp groepe

Die doel van die WhatsApp-klasgroepe is onder andere:

  • om ouers te herinner aan vergaderings en inligtingsaande
  • vir die voltooi van elektroniese skeurstrokies
  • om ouers in te lig indien daar dringende veranderings of wysigings op die kalender is
  • om ouers in te lig indien tye van aktiwiteite verander ens.

E-Pos Kommunikasie

Deurlopende kommunikasie met personeel:

Ons het ‘n oopdeurbeleid en daarom is u welkom om ook ‘n e-pos te stuur aan u kind se onderwyser of organiseerder.

Ouermiddae

Uitnodigings sal kwartaaliks geskied. Ouermiddae vind plaas in kwartaal 1 en 3.