Gholfproewe vind in die derde kwartaal plaas. In Augustus word leerders van Laerskool Lynnwood genooi om aan die proewe deel te neem wat by die gholfbane in ons omgewing plaasvind. Die proewes word oor ʼn periode van vyf (5) weke, op Maandae gehou. Maandae speel die kinders slegs 9 gaatjies.
Die liga word in die vierde kwartaal gespeel en vind gewoonlik op Maandae plaas. Die twee spanne van ons skool speel liga teen die ander skole van ons distrik. Die formaat wat gebruik word is ‘medal’. Die twee skole wat bo-aan die liga eindig van elke distrik, speel einde Oktober in die stadsbeker finaal. Die twee wenners speel dan in Desember in ʼn Interprovinsiale Laerskole toernooi.