Mini-hokkie word aangebied vir alle Gr. 1 tot 3 seuns en dogters. Mini-hokkie seisoen vind in die derde kwartaal plaas. Elke span speel ongeveer ‘n totaal van 8 wedstryde regdeur die seisoen. Wedstryde vind gewoontlik op Saterdae plaas.
Ons maak van personeel en buiteafrigters gebruik om die spanne af te rig.
Mini-hokkie het ten doel om die spelreëls en speelposisies deur geen telling-houing te bevorder. Afrigters skeidsreg hulle eie spanne se wedstryde. Die doel is meer afrigting as om reëls streng toe te pas en die wedstryd se vloei te bevorder.