Skip to content
JUNIOR KOOR

Ons doel is om gebalanseerde Lynnies te kweek deur leerders se stemme en liefde vir musiek te ontwikkel, asook om sosiale vorming, selfdissipline en deelname in groepsverband aan te moedig deur deelname aan kooroptredes en kompetisies.

Die koor bestaan uit 80 tot 90 lede van gr. 1 tot 3 leerders. Oudisies vir die opvolgende jaar geskied gedurende die 3e kwartaal.

Asset 120

Ons het jaarliks ‘n koorkamp (by die skool) in Februarie waar ons hard werk, maar ook baie pret het. Koorfeeste- en kompetisies is daar om vir onsself uitdagings te stel. Om te presteer is nie die belangrikste nie, maar is tog ‘n beloning vir harde werk wat deur koorlede en personeel ingesit word. 

ORGANISEERDERS

 

Asset 3
Asset 3

HESTER WANDRAG Koorleier

Asset 56
Asset 56

EUDENE SWART Organiseerder