Skip to content

Carli Devenish

Carli Devenish neem sedert gr.2 Drama en leef haarself ten volle in die Kunste uit deur ook haar gr.7 Viool deur UNISA te speel, haar gr.8 Ballet (RAD) met Lof te slaag en haar Drama Onderwys-lisensiaat (Spraak- en Dramagilde) te behaal. Sy ontvang ook onderrig in sang, blokfluit, klavier, kuns en musiekteorie. Carli voltooi haar BA Drama (Cum Laude) aan UP en studeer daarna deeltyds om haar PGCE, BA Sielkunde en Honeurs in Sielkunde deur UNISA te behaal. Sy is ’n geregistreerde ATKV beoordelaar en aktief betrokke by redenaars in verskeie provinsies.

Carli beoordeel reeds Drama en redenaars sedert 2005 en rig verskeie individuele redenaars sowel as redenaarsspanne af. Carli bied ook Dramawerkswinkels aan en organiseer kunstefeeste. Sy tree ook op as vryskutkunstenaar en skrywer. 

Carli is eienaar en stiger van CDE Dramaskool, Voorsitter van die Raad van Afrikaanse Beoordelaars (RAB) en gee reeds 16 jaar Dramaklasse by Laerskool Lynnwood. Sy is ook koördineerder van die Kunste Akademie. Carli is gaande oor haar pos as Dramadosent en pak die klasse met ’n aansteeklike entoesiasme aan!