Skip to content

NUUSBRIEWE

 NUUSBRIEWE

MINI-BEELD

MINI-BEELD

In hierdie nuusbrief, kry ouers van ons oulike kleuters geleentheid om weekliks in die klaskamers “in te loer”. Belangrike kwartaaldatums, ouerleiding asook pragtige kleurvolle foto’s maak van hierdie stukkie leesstof ‘n weeklikse hoogtepunt! Dit word ook Vrydae uitgestuur aan alle graad RRR – R ouers.

REDAKTEUR: Me. Nettie Steyn
REDAKTEUR: Me. Nettie Steyn

LynNUUS

 LynNUUS

Die skool se koerant vir kinders, deur kinders is aan die begin van 2023 weer hervat. Die koerant se naam is LynNUUS, wat hedendaagse nuus, interessante feite en genot bied aan leerders en ouers. Daar is oulike kolomme en afdelings, asook bietjie dieper lewenslesse vir die ouer leerders.

Daar word weekliks dinkskrum gehou en ondersoek ingestel om die nuuste nuus in die skool en buite die skool, op te spoor. Redaksielede skryf berigte, teken strokiesprente, doen opnames vir video’s en ontwerp speletjies. Die koerant en berigte word aan ‘n tema gekoppel en die koerant word in Kwartaal 2 en 4 uitgereik. Koerantweek word deel van die skool se volgepakte kalender om leerders weer bewus te maak oor die wêreld van lees waarin ons elkeen kan ontsnap. Ons hoop om hier en daar iemand meer nuuskierig te maak oor wat eersdaags as die beste leesstof by Lynnies beskikbaar sal wees.

REDAKTEUR: Me. Conell du Preez
REDAKTEUR: Me. Conell du Preez

LynNuus se Leerder Redaksiespan:

  1. Hannah Verwagen
  2. Kara Naudé
  3. Anika van Heerden
  4. Daniël Botha
  5. Emke Pieterse
  6. Liam Venter
  7. Milla Roux
  8. Ruben Redelinghuys
  9. Miné de Wet
  10. Lienka Lamprecht
  11. Lotta Hiesterman
  12. Bella Nel
  13. Elzé Strydom
  14. Taliah van Zyl
  15. Lana Swanepoel