Laerskool Lynnwood
Posts by :
Me. Annetjie Herman
Annetjie Herman het ʼn passie vir dans en dans al vandat sy 4 jaar oud is. Sy het al haar Royal Academy of Dance (RAD) ballet eksamens van Pre-Primary tot Advanced 2 suksesvol voltooi, waardeur sy haar Associate of the Royal Academy of Dance (ARAD) status verwerf het. Sy het ook moderne ballet klasse geneem en al die eksamens voltooi. Sy is ook ʼn lid van South African Body of Dance (SABOD) voorheen bekend as SADTA.
In 2009 het sy haar RAD Ballet Teacher Certificate ontvang en bied sedert 2008 ballet klasse aan saam met Liezel Boshoff. Sy bied ook ballet klasse by verskeie kleuterskole aan. Haar dans instruktrises sluit in TinaD’Artnall en mentors Rene Callis en Celeste Fair. Sy was op Hoërskool deel van ʼn semi-professionele dansgeselskap Youth Dance Company of Tshwane (YDCT) onder leiding van Sue Kirkland, Christopher Montague en Tanya Graafland en het in verskeie ballet produksies gedans. Sy het ʼn groot liefde vir kinders en geniet dit om te sien hoe hulle deur harde werk groei en hul doelwitte bereik.
Mr. MJ Smit
Meneer MJ Smit is ‘n gekwalifiseerde SABOD Hip-Hop meneer wat al 15 jaar lank dans. Hy het ook Moderne Dans agtergrond en beoog om in 2024 voort te gaan om sy Moderne Dans afrigterskwalifikasie te verwerf. Hy neem reeds vanaf ouderdom 6 jaar deel aan kompetisies en het in 2023 gekwalifiseer om Suid Afrika in Croatia met die Dance World Challenge te verteenwoordig. Hy gee reeds vanaf 2022 klas en help sedert 2022 met kompetisie choreografie.
