By Laerskool Lynnwood glo ons aan ‘n demokratiese breë bestuur.
Daar bestaan verskillende bestuursvlakke by die skool nl:
- Skool Beheerliggaam, wat bestaan uit 6 ouerlede en 5 personeellede soos wat die wet voorskryf.
- Senior bestuurspan wat bestaan uit die skoolhoof en 4 adjunkhoofde, elkeen met ‘n spesifieke fokusarea.
- Ons het 10 departementshoofde wat elkeen strategies geplaas is om waarde toe te voeg in hulle onderskeie departemente.
- Ons het ook 10 adjunk departementshoofde wat ‘n ondersteunende rol speel vir die departementshoofde en ook gereed is om oor te neem, sou ‘n departementshoof die skool verlaat.