Skoolbestuur
By Laerskool Lynnwood glo ons aan 'n demokratiese breë bestuur.
Ons skoolbestuur bestaan tans uit die volgende:
- Skoolhoof
- Senior Adjunkhoof
- 3 Adjunkhoofte (Sport en Kultuur, Ondersteuningsdiense en Pre-Primêr)
- 16 Departementshoofde
- 12 Adjunk Departementshoofde
Hierdie breë bestuurstruktuur bied opleidingsgeleenthede aan personeel en ons bemagtig hulle graag deur nuwe uitdagings en opleiding.
Laerskool Lynnwood is geseënd met ongelooflik bekwame, hardwerkende personeel wat ‘n verskil maak.