Tuisblad

Inskrywingsprosedure

Laerskool Lynnwood het ‘n oop-deur beleid en nooi alle voornemende Lynnie-ouers, om die hoof te kom ontmoet. Kontak gerus die hoof se sekretaresse vir ‘n afspraak by 012 348 1306.

Vir algemene navrae rakende inskrywings, kontak me. Charlotte Mooij by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Hoe word ek deel van die lynnies-famielie?

  1. Laai die inskrywingsvorm af.
  2. Voltooi en onderteken die vorm. E-Pos terug na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 
  3. Onderstaande dokumente moet die inskrywings vorm vergesel:
  • Afskrifte van ouers se ID dokumente
  • Leerder se geboortesertifikaat
  • Immuniseringskaart
  • Bewys van adres

Inskrywingsdokument kan hier afgelaai word.

Toelatingsvereistes

  1. Alle inskrywings vir graad RRR tot 7 wat ontvang is, sal op ‘n waglys geplaas word. Alle aansoeke word unniek hanteer.
  2. Graad 1 ouers moet deur die Departerment van Onderwys se aanlyn program aansoek doen by gdeadmissions.gov.za .
  3. Laerskool Lynnwood sal die nodige instruksies deurgee wanneer die aansoeke open.
  4. Graad 1 aansoeke is onderheuwig aan bepaalde kriteria soos deur die Department van Onderwys voorgeskryf..
  5. ‘n Bevestigings e-pos word gestuur met finale inligting rakende waglyste en bevestigingsfooie.

Opedae en Inligtingsdae

By Lynnies is elke dag, opedag!

Tydens die vierde kwartaal word daar ‘n Graad RRR tot 1 Koekeloerdag (ouerinligtingsdag) gehou vir alle ingeskrewe ouers.

Algemene inligting

  • Skooltye en ander inligting is onder "Inskrywingsdokumente" beskikbaar.
  • Inligting rakende skoolklere is onder Klerewinkel/Snoepie beskikbaar.
  • Finansiële inligting in onder "Finansies" beskikbaar.