Tuisblad

Tuisblad

Geagte voornemende ouers,

By Laerskool Lynnwood streef ons daarna om ons gemeenskap se normes en waardes te handhaaf. Godsdienstige oortuigings is ‘n belangrike bron van die identiteit, waardes en lewens- en wêreldbeskouing van ouers, onderwysers en leerders van ons skool.

Soos Laerskool Lynnwood se visie dit stel, is dit vir ons belangrik dat elke kind gelukkig moet wees. Ons glo dat gelukkige kinders hulle optimale potensiaal kan bereik en die strewe is om elke kind daartoe te begelei. Elke leerder word gesien as ‘n gawe en verdien om met agting en respek behandel te word. By Laerskool Lynnwood word erkenning gegee aan elke kind se uniekheid en herkenning van moontlikhede.

Wanneer leerders skool toe kom, word ouers en onderwysers vennote. Die skool en die ouerhuis mekaar aanvul in belang van ons kinders se opvoedende onderwys. ‘n Omgee-atmosfeer word gehandhaaf.

Dit is ook vir ons belangrik om gebalanseerde kinders te ontwikkel. Ons is trots om te sê dat ons goed-opgeleide personeel het wat dit vir ons moontlik maak om hoë standaarde te handhaaf. Ons is ‘n skool waar sterker leerders gestimuleer word tot uitnemendheid, gemiddelde leerders word gestimuleer om hulle volle potensiaal te bereik en aan leerders met spesiale behoeftes word hulp op verskillende terreine verleen.

Vir my as hoof van Laerskool Lynnwood is kinders ‘n passie en ek streef daarna om te alle tye toeganklik vir alle leerders van hierdie skool te wees. Enige leerder is enige tyd welkom om met my te kommunikeer en my kantoordeur staan altyd oop vir leerders, ouers en onderwysers. Kom gesels gerus met my oor enige aangeleentheid of stuur ‘n e-pos aan: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Lynniegroete,

Steve Stolk
Tel: 012 348-8894
Tel: 012 348-1306
Sel: 082 550-1139

Mei 2019
S M T W T V S
1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 31

Inteken

Personeel

Onthou, slegs personeel moet inteken op die webblad. Dit gee vir hulle toegang tot hulpbronne wat slegs op hulle van toepassing is.

Ouers

Ouers moet glad nie inteken om van die webblad gebruik te maak nie. Ouers moet slegs inteken indien hulle op 'D6 Connect'. Vanaf die webbld is daar 'n D6 Connect knoppie. Hierdie is slegs 'n skakel wat jou na die 'D6 Connect' App se webblad neem. Op hierdie 'D6 Connect' webblad moet ouers wel inteken. Volg asseblief 'D6' se instruksies om vir hierdie diens te rigistreer. Nadat jy die eerste keer gerigistreer het met 'n selfoon nommer en 'n wagwoord sal dieselfde selfoon nommer en wagwoord vir jou toegang gee op die App op jou mobielle toestel en ook vir jou toegang geen om die 'D6 Connect' webblad te gebruik.

Leerders

Leerders moet nêrens inteken nie. Indien dit in die toekoms sou verander sal dit gekommunikeer word.