weblogo Laerskool Lynnwood - Administrasie

Inskrywingsprosedure

Hoe skryf ek in?

  1. Laai die inskrywingsvorm af.
  2. Voltooi en onderteken die vorm. Handig ‘n harde kopie in by me. Charlotte Mooij by Ontvangs.
  3. Onderstaande dokumente moet die inskrywings vorm vergesel:
  • Afskrifte van ouers se ID dokumente
  • Leerder se geboortesertifikaat
  • Immuniseringskaart
  • Bewys van adres

Geen vorm sal aanvaar word indien al die dokumentasie nie ingehandig is nie.

Toelatingsvereistes

  1. Alle inskrywings wat ontvang is, sal op ‘n waglys geplaas word..
  2. Die Departement van Onderwys voorsien jaarliks die sluitingsdatum vir alle inskrywings.  
  3. Aansoeke word verwerk en ingedeel volgens die volgende kriteria:

Waglys A: Huidige ouers met leerders reeds in Laerskool Lynnwood, asook ouers wat binne 5 km woon of werk vanaf die skool.

Waglys B: Ouers wat nie onder waglys A inval nie.

  1. ‘n Bevestigings epos word gestuur met finale inligting rakende waglyste en deposito’s.

Opedae en Inligtingsdae

By Lynnies is elke dag, opedag!

Laerskool Lynnwood glo aan ‘n oop-deur beleid. Kontak gerus die hoof se sekretaresse vir ‘n afspraak indien u ‘n nuwe ouer is.

Tydens die vierde kwartaal word daar ‘n Koekeloerdag (ouer inligtingsdag) gehou vir alle voornemende, ingeskrewe ouers.

Algemene inligting

  • Skooltye en ander inligting is onder Administrasiebeskikbaar.
  • Inligting rakende skoolklere is onder Klerewinkel/Snoepie beskikbaar.
  • Skool en ander finansiële inligting in onder Finansiesbeskikbaar.