Ons Visie
Deur uitnemende begeleiding word gelukkige en gebalanseerde kinders ontwikkel om die uitdagings van 'n veranderende wêreld aan te gryp.
Laerskool Lynnwood fokus veral op:
- Nastrewing van Christelike normes en waardes.
- Gebalanseerde kindgerigte begeleiding.
- Skep van 'n omgee-atmosfeer.
- Persoonlike dienslewering.
- Nastrewing van hoë standaarde - Akademie, Kultuur en Sport.
- Opgeleide personeel wat 'n verskil maak.
- Ondersteunende, deelnemende ouers.
Gedragkode van Laerskool Lynnwood
Met registrasie en herregistrasie as leerder van Laerskool Lynnwood verbind elke leerder en ouer hom/haar tot die daarstelling van 'n gesonde geestesklimaat in die skool. Hierbinne kan sy/haar persoonlikheid optimaal ontgin word, en word geleentheid geskep om sy sy/haar universele potensiaal ten volle te ontwikkel.
Erekode vir leerders van Laerskool Lynnwood
Ek gee die ereplek aan God
en Sy Woord in my lewe.
Ek dien my ouers en my skool.
Ek streef daarna om hulpvaardig te wees
en my medemens te dien.
Ek gehoorsaam en respekteer my ouers
en onderwysers en
gedra my hoflik teenoor my medemens.
My woord is my eer.
Ek is gesteld daarop om myself
en my omgewing
netjies en rein te hou.
Ek streef daarna om eerlik, opreg,
getrou en vriendelik te wees.
Ek glo dat die vrees van die Here die
beginsel van Sy Wysheid is.


