Inskrywingsprosedure

Wanneer 'n leerder vir die eerste keer by Laerskool Lynnwood registreer, moet die volgende dokumentasie verskaf word:

  • Volledig voltooide aansoekvorm soos deur die skool aan die ouer/voog voorsien, plus die volgende ondersteunende dokumentasie:
    • Oorspronklike geboortesertifikaat. (Doopseëls word nie aanvaar nie).
    • Immuniseringskaart
  • Leerders vanvaf ander skole moet ook die volgende verskaf:
    • 'n Oorplasingskaart van die vorige skool
    • Die laaste skoolrapport (van die vorige skool)

Lynnwood Pre-Primêr: Graad RRR / RR / R

Voornemende ouers wat hulle kinders by Laerskool Lynnwood Pre-Primêr wil inskryf, moet 'n registrasievorm voltooi. Registrasievorms is by die administratiewe kantoor van die Pre-Primêr beskikbaar.

Graad 1 - 7

Voornemende ouers wat hulle kinders by Laerskool Lynnwood wil inskryf, moet die registrasievorm agter in die inskrywingspakket, voltooi.