Grieweprosedure

Indien enige ongelukkigheid of onduidelikheid jeens u kind ontstaan, bespreek u eerstens die aangeleentheid met die klas- of leerareaonderwyser. Indien die saak nie bevredigend deur u en die klas- of leerareaonderwyser opgelos kan word nie, kan u die betrokke departementshoof, adjunkhoof of hoof (in dié volgorde) nader met u probleem.