Finansies
Skoolgeld
Die skoolgeld, betaalbaar deur die ouers, word deur die Beheerliggaam van die skool van jaar tot jaar bepaal, nadat die konsepbegroting aan die einde van die jaar tydens 'n algemene ouervergadering voorgelê en goedgekeur is. Die skoolgeld word deur die beheerliggaam, en in die besonder deur die finansiële komitee, beheer. Die finansiële state word jaarliks deur 'n ouditeursfirma geouditeer en verslae word aan die inderwysowerhede voorgelê. Verslae is ook ter insae vir die ouers by die skool beskikbaar.
Skoolgeld word onder andere, aangewend vir:
- Die aankoop van leersteunmateriaal.
- Instandhouding en ontwikkeling van fasiliteite.
- Bedryfsuitgawes van die skool.
- Verskaffing en instandhouding van sport- en kultuurgeriewe.
- Terreinverbeterings
- Salarisse.
Wyse van betaling
- Eenmalige betaling
- Debietorder
- Elektroniese betaling
- Vooruitgedateerde tjeks
Bankbesonderhede vir elektroniese betalings
| ABSA | Tjekrekening |
| Rekeningnaam: | Laerskool Lynnwood |
| Rekeningnommer: | 0540510075 |
| Takkode: | 334745 / 632005 |
Aansoek om vrystelling
Die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 bepaal dat ouers wat kwalifiseer vir volle of gedeeltelike vrystelling van skoolgeld JAARLIKS daarvoor moet aansoek doen by die skool. Vorms kan by die finansiële kantoor verkry word vanaf die eerste skooldag van elke jaar.


