Dissiplinestelsel

Laeskool Lynnwood volg 'n dissiplinestelsel wat ons help om leerders op te voed volgens Christelike beginsels. Met die stelsel word kinders gedissiplineer en gemotiveer en erkenning word gegee vir volgehoue goeie gedrag en die uitleef van normes en waardes. Ons leerders moet trots wees om 'n Lynnie te wees! Ons fokus op 12 geïdentifiseerde norme en waardes en lê dáárop klem, eerder as op oortredings begaan.