Skooldrag en voorkoms
Leweransier
Alle skooldrag word deur Lynnies se winkel voorsien
Skooldrag
Dogters:
Somer:
Skoolrok met of sonder swart skoolskoene en wit kouse
Winter:
Sweetpak met gholfhemp, wit kouse en wit of blou seilskoene.
Seuns:
Somer:
Kort grys broek met blou,voorgeskrewe skoolhemp, met of sonder swart skoolskoene en grys kouse.
Winter:
Sweetpak met gholfhemp, wit kouse en wit of blou seilskoene.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Sportdrag
Soos voorgeskryf vir die verskillende sportsoorte.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Algemene voorkoms
Korrekte skooldrag dra by tot 'n goeie selfbeeld en positiewe beeld van Laerskool Lynnwood.
Tasse:
- Stewige tasse sodat boeke nie verniel word nie.
- Geen plakkers of tekeninge buite op skooltasse nie.
Hare:
- Skoon en netjies, modestyle binne perke is aanvaarbaar.
- Hare mag nie aan kraag raak nie (seuns).
- Hare mag nie in die oë hang nie.
- Hare mag nie gekleur word nie.
- Slegs blou en wit haarbykomstighede vir dogters.
- Geen gel nie.











